News/Nuus

Inspirasiekos met Sarie - Nooitgedacht

Herman Lensing het, op Inspirasiekos met Sarie, Nooitgedacht besoek om meer oor sprokiesagtige kersies te leer. Hy het ’n kalamari-en-kersie-slaai gemaak en vir nagereg ’n kersie-broodpoeding.

 

Heruitsendings op VIA (Dstv-kanaal 147):

Woensdag 21 Februarie om 12:30

Sondag 25 Februarie om 19:30

 

Hier is die episode se resepte:

 

Kersie-en-Roos-Limonade

(Genoeg vir 8 mense – 2L)

 

400g Kersies, ontpit

Sap en skil van 5 suurlemoene

60ml Rooswater

150g Strooisuiker

1,5 liter Sodawater

1kg Gebreekte ys

 

Plaas kersies, sap en skil van suurlemoen, rooswater en suiker in pot. Bring tot kookpunt en kook 3 minute. Laat koel af en verpulp tot glad met staafmenger. Plaas in ponsbak en voeg sodawater en ys by. Meng deur en sit voor.

 

 

Warm Calamari-en-Kersieslaai

(Genoeg vir 6)

 

400g Baba-calamari-tentakels en –buise

45ml Olyfolie

225g Chorizo-wors, in ringe gesny

2 Knoffelhuisies, fyngekap

2 Brandrissies, baie fyn gekap

30ml Gerookte paprika

2x 410g Blikke kekerertjies (chickpeas), gedreineer

400g kersies, ontpit en gehalveer

1 Hand vol Italiaanse pietersielie, fyn gepak

Sout en varsgemaalde swartpeper

 

Gebruik ‘n skerp mes en sny die calamari-buise in kleiner ringe (ek het elke buis in drie gesny). Verhit die olyfolie in ‘n groot braaipan. Voeg die wors en knoffel by en roerbraai vir 5 minute. Voeg die calamari by en roerbraai vir nog sowat 8 minute. Voeg die pietersielie by en meng deur. Verwyder van die hitte en geur goed met sout en peper. Sit warm voor met tuisgebakte brood en suurlemoenskyfies.

 

 

Kersie-Broodpoedingkoek

(Genoeg vir 8)

 

8 Croissants

300g Piesangbrood

1L Melk

5 Eiers

200g (250ml) Suiker

10ml Kaneel

400g Kersies, ontpit en grofgesny

100g Pekanneute, gekap

100g Donkersjokolade, grofgekap

500ml Vanieljevla vir voorsit

 

Voorverhit die oond tot 180C. Breek die croissants in kleiner stukke en plaas in ‘n groot mengbak. Krummel die piesangbrood in kleiner stukke en voeg by die croissants. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Maak seker alles is goed bedek. Spuit ‘n 3 liter-Bundtpan met kleefwerende kossproei en skep die mengsel in die koekpan. Bak die poeding vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gestol. Keer uit op ‘n opdienbord en giet die vla oor. Sit voor.

 

https://www.netwerk24.com/Sarie/Kos/Resepte/inspirasiekos-episode-3-kers...