News/Nuus

Fruit Logistica

Fruit Logistica, waartydens ongeveer 70 000 afgevaardigdes die skou besoek, vind jaarliks plaas. Die Dutoit span het hierdie jaar bestaan uit (v.l.n.r) Gysbert du Toit, Emile Marais, Willem Coetzee en Louis du Toit. Hulle het ongeveer 27 kliënte (bestaande en potensieel) gedurende hul besoek ontmoet asook die geleentheid gebruik om nuwe tegnologie te ondersoek en om internasionale netwerke te bou. Ons is opgewonde oor die bemarkingsjaar wat voorlê, veral gesien teen die verwagte beter produk aanvraag as gevolg van ‘n leër Europese mark.

  

Willem Coetzee
Hoof Uitvoerende Beampte: Dutoit Agri