News/Nuus

Augustus maand is Vrouemaand.

‘n Maand gewy aan vroue. Indien jy as vrou gedurende die week van 9 Augustus by Dutoit werksaam was, het jy ‘n roos ontvang. Dutoit wil graag hiermee die erkenning en dankbaarheid vir jou rol as vrou in ons besigheid, by jou huis en ook in ons breër samelewing, beklemtoon en vier. Die roos word gesien as die perfekste van alle blomme. Net so, is jy as vrou ook uniek deur God geskape en vier ons in groot dankbaarheid en waardering jou vrouwees in hierdie maand.

Baie dankie vir elkeen onbaatsugtige bydrae tot die Dutoit besigheid. Jy handel verskeie take met vriendelikheid en sonder moeite af. Dan vanaand, wanneer jy na ‘n lang dag by die huis kom, sien jy steeds met dieselfde gesindheid ook nog na die welstand van jou gesin om.

Ons waardeer jou as vrou en hoop dat jy Augustus maand as ‘n besonderse geseënde maand ervaar het, met erkenning en waardering van almal rondom jou. Mag julle aanhou gelief en belangrik voel!

Willem Coetzee

 

Dit was vir elke vrou ‘n erkenning dat ons gelyke vennote in die Dutoit-span is en dat ons passie raakgesien word.

Baie dankie aan die manne vir julle moeite, dit word waardeer!