News/Nuus

AGRI… van 2018 tot 2019

Ons pak die 2019-oes en finansiel  e jaar met groot opgewondenheid en baie dankbaarheid aan! Waar 2018 seker as “een van die groot droogte-jare” bekend sal staan, lyk ons huidige vooruitsigte in Dutoit Agri soveel beter en baie geseënd wanneer ons dit met ‘n jaar terug vergelyk.

Ons damme het weer genoeg water om ‘n normale vrugte- en groente-oes te kan hanteer. Ons het in die tyd van droogte ook weer baie geleer oor die hantering van hierdie kosbare hulpbron (water) binne ons besigheid. Die Wes-Kaap is verseker ryker na hierdie ervaring en die kuns is nou om nie weer gemaksugtig te raak nie, maar steeds hierdie kosbare hulpbron met ons beste fokus te bestuur en te bewaar. In die Oos-Kaap is ons watersituasie na die onlangse reСn amper terug na normaal.

Die grootste deel van ons oesseisoen lР om die draai, maar intussen is die Bloubessie-oes in die Oos-Kaap, asook die Nektarien- en Graanoes op Swartdam, afgehandel. Die oeste behaal is meestal op, of baie naby aan begroting. “Cherry Time” het ongeveer 8 dae later as gewoonlik afgeskop en is nou in volle swang. Ons uie-oeste het ook reeds afgeskop met baie goeie drag op Platkloof terwyl al die aartappels nou ook in die grond is.

Gedurende hierdie tyd van die jaar, kyk ons ook graag terug na ander hoogtepunte en dis met groot dankbaarheid en trots dat ons baie dankie aan elk van julle wil sР vir jou bydrae tot 2018.

Ons kyk met trots terug na die herinstelling van die Dutoit Wes-Kaap Produksie Karnaval wat op Vastrap plaasgevind het. Baie dankie aan almal daar betrokke. Ons is ‘n besigheid van mense en hoop almal het dit geniet. Ons hoop om in 2019 hierdie inisiatief ook verder na Dutoit Vrugte en Dutoit Groente uit te brei.

Almal wat tot hede aan die “Leadership for Life”-opleiding kon deelneem, het dit baie geniet en die uitdaging vir elke individu wat die opleiding deurloop het, is om dit ook in die werkplek en by die huis uit te leef. Ons spog ook met die volgende goeie presteerders op individuele vlak, oor wie ons terugvoer ontvang het:

Floris Steenkamp en Albert Nieuwenhuis het uitstekend gevaar in die Villa Crop Academy kursus wat gehandel het oor Gewasbeskerming op vrugte, fisiologie van plante, swamme, virusse en bakteriee.

Die beheer van siektes en plae, asook onkruidbeheer. Daar was ‘n baie groot fokus op kalibrasie van spuitpompe. Suster Madelein Bauer (Kromfontein/Lindeshof/Tandfontein/Sneeuwkop klinieke) het haar B.Tech Occupational Health Nursing aan CPUT met lof geslaag.

Inga Dlumane van Nooitgedacht het vanjaar sy B.Tech by CPUT suksesvol afgehandel en het ook die Toekenning vir Uitnemendheid van CPUT ontvang.

Suviyile Panda van Kromfontein het ‘n merietetoekenning van die Sagtevrugte Raad ontvang vir Algemene Landbouwerker van die jaar.

Lihle (Choppa) Fetile het sy Nasionale Diploma in Landbouproduksie by CPUT ontvang na voltooiing van sy verpligte internskapsjaar op Nooitgedacht.

Charltolin Lindoor (Damplaas) het in 2018 haar Nasionale Diploma deur die Klein Karoo Bronne sentrum voltooi. Sy het as ‘n se isoenwerker begin werk en deurgedruk tot sy hierdie mylpaal behaal het waar sy nou ‘n gekwalifiseerde Graad R onderwyseres is.

Met so baie mooi stories en positiewe vooruitsigte vir 2019, kan ons nie anders as om erkenning te gee aan ons Hemelse Vader nie. Dis Hy wat ons elke dag die genade en voorreg skenk om so in die natuur te kan werk en woon.

Nogmaals baie dankie aan elkeen van die Dutoit-spanlede wat so hard werk om ons boot vinniger en beter te maak. Mag 2019 vir elk van julle, jul vriende en familie ook ‘n geseënde jaar wees.

Groete en ‘n Geseënde Kersfees!

Willem Coetzee