News/Nuus

Vrouedag 2019: Jy is meer as goud werd!

 

’n Knap vrou se waarde en invloed is meer as goud werd. Dit gaan oor die innerlike krag en kwaliteit van ‘n vrou.

‘n Vrou se unieke eienskappe: 

  1. Krag
    Sterk vroue het die krag om te leer uit hul foute en die moed om nooit op te gee wanneer moeilike uitdagings opduik nie. 
     
  2. Volharding
    ’n Vrou met volharding hanteer elke terugslag of hindernis met selfvertroue.
     
  3. Empatie
    Vroue met empatie het die vermoë om ander te motiveer en te bemagtig.
     
  4. Aanpasbaarheid
    ’n Vou met volharding en kreatiwiteit sal by enige stel eise kan aanpas en dit tot voordeel gebruik.
     
  5. Deursettingsvermoë
    Struikelblokke skep afleiding en spanning, maar met deursettingsvermoë kan elke vrou haar langtermyndoelwitte bereik.
     
  6. Passie
    Vroue met passie vra gereeld vrae en neem leiding om ’n situasie suksesvol te bestuur.
     
  7. Dankbaarheid
    Suksesvolle vroue vind tevredenheid by selfs die kleinste suksesse en bly dankbaar vir elke geleentheid.
     
  8. Nederigheid
    ’n Vrou motiveer ander om hul doelwitte te bereik en laat hul grasieus toe om te skyn.

Dutoit sien elke vrou se vasberadenheid om sukses te behaal raak.  Dit dien as ’n getuigskrif vir die gewig wat sy as vrou kan dra en haar vermoë om as ’n leier in alle fasette van haar werk op te tree. Hulle geloof in wat hulle doen, motiveer hulle. Hulle dryfkrag inspireer hulle.

   

Dutoit bedank elke vrou vir haar nederige, selfopofferende gesindheid en haar lojale passie vir haar werk – wat die belangrikste faktore is wat daagliks bydra tot die sukses van die Dutoit besigheid.