News/Nuus

Presisie strooier-projek | Nooitgedacht

Nooitgedacht het in die vierde kwartaal van 2019 begin werk met die Red Ant Presisie Strooier.  Voor die Red Ant het ons vloeibare kunsmis gebruik en korrel kunsmis met die Magitec toegedien.  Die Red Ant strooier, strooi kunsmis op die bankie by die wortel area, wat baie meer akkuraat is as die Magitec.  Met die presisie strooier kan jy veranderlik saai.  

Nooitgedacht se fokus was om swak presterende areas in boorde te verbeter.  Daar is verskeie platvorms waarop kaarte met inligting van elke boord verkry kan word.  Baie belangrik is die algoritmes wat gebruik word deur die platvorms om te onderskei tussen die bome se groei en die werksry se dekgewas.  Die resolusies van die kaarte is ook baie belangrik en so ook die interpretering van die inligting op die kaarte.  Revolute Systems was en is vir ons die beste opsie.  Die Sateliet beelde van bv. Fruitlook is geneem met ‘n resolusie van 20x20m (400m²), waar Revolute Systems 3x3m (9m²) is. Dit is dus baie meer akkuraat sienende dat ons bome minder as 2m van mekaar geplant is.  

Die beelde (kaarte) dui swak groei area’s aan en die kunsmis aanbeveling word dienooreenkomstig gedoen.  Die trekker word toegerus met ‘n slimfoon waarmee die drywer alle inligting soos die boordnommer, kg per ha, sowel as die swak- en beter areas, tot sy beskikking het.  Die foon kommunikeer met die elektronika van die strooier via Bluetooth, die drywer hoef slegs die uittellers te aktiveer op die foon, die res word outomaties gedoen.

Die eerste kaarte het ons redelik laat sukkel en was baie omslagtig om te verwerk. Red Ant en Revolute Systems het vinnig werk daarvan gemaak en nou is die verwerking, intrek en stuur van die kaarte na die trekker en strooier, baie vinniger.  Ons dien nou baie meer effektief kunsmis toe.  Bome en areas kry kunsmis na gelang van hulle behoeftes.  Die proses is nou baie vereenvoudig en werk maklik.  In die eerste seisoen het ons reeds ‘n groot positiewe verandering gesien.  

Volg die Lanbou TV skakel vir meer inligting: https://www.netwerk24.com/landbou/Promosies/slim-strooier-verseker-ewere...

 

Mynhardt Botes
Produksiebestuurder - Nooitgedacht